Wat is 3de Golf BEE?
Die staat weerhou bedryfslisensies, onderhewig aan die nakoming van rasgebaseerde beleid.
Hierdie benadering dwing ondernemings om te herstruktureer of andersins die risiko te loop om uit die ekonomie uitgesluit te word.
Hierdie tendens het reeds in verskeie bedrywe na vore gekom, insluitend eiendom, farmaseutiese dienste, lugvaart, telekommunikasie, finansiële dienste, en ander.
Wat doen Sakeliga?
Verantwoordelike sakelui kan nie toelaat dat BEE 'n vereiste vir deelname aan die ekonomie word nie.
Ons adviseer ondernemings om BEE-vereistes as onetiese politieke voorskrifte te hanteer.
Dit lei tot 'n benadering van 'maksimum aangewese nie-nakoming‘, gegrond op deeglike regsadvies, terwyl waarde-toevoegende sake gedoen word ongeag ras.
Sakeliga sal bykomend omvattend teen BEE litigeer.
Ons bewese rekord van suksesvolle regsaksies teen BEE toon dat hierdie moontlikheid tot die volle mate benut moet word.
Verwante Persverklarings & Artikels
Source block homePageFeaturedItemsBlock (id Nnyhs7W2NUcnfMvdqXUXq) was not mapped during migration. Editors: please re-author or remove.
