Oor Ons
Sakeliga is 'n onafhanklike nie-winsgewende maatskappy met 'n missie om ekonomiese orde te herstel
Oor Ons
Sakeliga is in 2011 gestig toe 'n groep sakeleiers besluit het dat 'n organisasie nodig was om skadelike staatsingryping in die ekonomie teen te staan.
Vandag word Sakeliga erken as die vooraanstaande litigant oor kommersiële sake in die openbare belang, en brei voortdurend ons bereik uit met alternatiewe vir staatsmislukking.
Ons het duisende toegewyde befondsingsgenote, 'n groeiende sakekamernetwerk regoor die land, en het aansienlike ekonomiese voordele vir besighede en die gemeenskappe wat hulle bedien, gelewer.
Ons naam 'Sakeliga' is geïnspireer deur die historiese handelsalliansie 'Die Hanseatiese Liga', of in Duits 'Die Hanse', wat 'n eeue-lange voorspoedige ekonomiese orde regoor Noord-Europa help skep het.
Ons netwerk van befondsers en vennote vorm 'n liga – 'n alliansie – van besighede wat saamstaan om ekonomiese orde vir 'n florerende samelewing te herstel en te versterk.
Prof. Koos Malan
Konstitusionele Juris
Help ons om 'n florerende ekonomie te verseker
Jy kan ekonomiese orde herstel deur ons werk te befonds.
