Oor hierdie saak
Sakeliga beoog om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) op verskeie grondwetlike gronde te betwis. Die Wet is nie rasioneel verbind met sy doel nie, wat dit irrasioneel en ongrondwetlik maak. Die Wet oortree ook artikel 27 van die Grondwet, want dit is nie samehangend of redelikerwys geïmplementeer nie, en die implementering daarvan oorskry die staat se beskikbare hulpbronne en sal lei tot 'n algehele verlaging in toegang tot gesondheidsorg. Oor die algemeen hou die NGV-wet 'n ernstige bedreiging in vir die vermoë van mediese praktisyns om vry te funksioneer en die vermoë van lede van die publiek om gehalte gesondheidsorg volgens eie behoeftes te verkry. Om die staat as die enkele koper van gesondheidsorg te posisioneer, soos die NGV-wet beoog, is 'n rampspoedige model wat afgeweer moet word. Sakeliga sal dus so lank en intensief as wat nodig is litigeer om te verhoed dat die staat beheer oor private gesondheidsorg neem.
Kyk na ons 5-Minuut Video
Saak Tydlyn
Source block blockCaseHistory (id case-history-block-94-1758306171441) was not mapped during migration. Editors: please re-author or remove.
