Skip to content
English|Afrikaans
Voltooid

BEE in Plaaslike Lugvaart

Die Hoogeregshof het dit onwettig verklaar om lisensiëring aan rassekriteria te onderwerp.

Status
Voltooid

Oor hierdie saak

Sakeliga is deur rolspelers in die plaaslike lugvaartindustrie genader oor die Lisensieraad vir Lugdienste se aandrang op BEE-sertifikate en transformasieplanne. Daar word op 'n skynbaar onwettige wyse van lugvaartoperateurs vereis om hul tot BEE te verbind. Lugvaartoperateurs sluit lugrederye in en enige persoon wat 'n diens (soos gifbesproeiïng vir landbou) deur lugvaart lewer. Die lisensiëringsraad vereis dat lugvaartoperateurs eienaarskap aan B-BBEE vennote afstaan en dreig dat die lugrederye by gebreke daartoe nie in aanmerking sal kom vir lisensies om te kan vlieg nie. Die relevante wetgewing maak nie daarvoor voorsiening nie en die raad tree buite hul magte op. Arbitrêre BEE vereistes maak dit moeiliker om in die bedryf besigheid te doen, skep groot regsonsekerheid en stoot kostes op. Sakeliga het daarom litigasie begin om die Lisensieraad se transformasie en BEE-beleide onwettig te laat verklaar.

Saak Tydlyn

Source block blockCaseHistory (id case-history-block-11-1758306103650) was not mapped during migration. Editors: please re-author or remove.